MENU

Vrystaat verloor R45,2miljoen aan padtoelaes te midde van pad krisis

March 1, 2022 • Construction, Infrastructure, Road Works

Te midde van die toenemende agteruitgang van die Vrystaatse pad-infrastruktuur, is ‘n toekenning van ’n R45.2mil paaie instandhoudingstoelaag van die nasionale tesourie gestaak.

Dié besluit is om onbekende redes deur die Minister van Finansies op 25 Februarie geneem.

Volgens Tesourie kennisgewing No. 1794 is hierdie fondse geherallokeer aan ander provinsies ingevolge die Wet op Verdeling van Inkomste.

Volgens Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), is die besluit roekeloos en totaal onaanvaarbaar. “Oorstromings gedurende die 2021/2022-reënseisoen het nie net boere se oeste verwoes nie, maar ook die Vrystaatse paaie-infrastruktuur.”

VL eis om van die minister te weet wat hom aangespoor het om die betaling van infrastruktuurtoelae aan die Vrystaatse Paaie departement te staak, aangesien dit lig kan werp op die onbevoegdheid/ onreëlmatighede van die departement waarvoor hulle aanspreeklik gehou moet word.

Volgens Wilken sal die landelike gemeenskappe uiters teleurgesteld wees oor die besluit.

“Ons sal die minister formeel versoek om die redes vir hierdie besluit te verduidelik en die impak daarvan op die landbou en landelike gemeenskap uit te lig.”

Related Posts

« »